Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Egpaar met vier kinders se opslaanhuis in Bridgton (en nie Bongolethu soos in die video genoem is nie) is vroeër vanmiddag deur 'n brand in puin gelê.
Die opslaanhuis was in die agtererf van Julien Witbooi se huis.
Volgens hom het die bure alarm gemaak toe hulle die brand agter sy huis sien.
Hy het met hulp al sy meubels uit die huis gedra, maar van die meubels in die opslaanhuis kon net 'n stoel gered word.
'n Houthut op die buurerf het ook aan die brand geslaan, maar die vuur is geblus voordat die brand verder as een slaapvertrek kon sprei.
Niemand is beseer nie
Kyk 'n video hieronder.
Die opslaanhuis was in die agtererf van Julien Witbooi se huis.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'