DYSSELSDORP NUUS - 'n Ma van Bokkraal in Dysselsdorp is gisteraand tragies oorlede nadat sy en haar kind in hul opslaanhut deur vlamme vasgekeer is.
'n Ooggetuie wat in dieselfde omgewing woon, kon die kind red.
Hy vertel dat hy gisteraand omstreeks 21:00 harde gille gehoor en toe besluit het om ondersoek in te stel.
"Dit was rook en vlamme oral. Die vrou in die ghetto het paniekbevange aan die plate gestamp terwyl ek gehoor het hoe die kind huil.
Ek het uit desperaatheid 'n stuk plank van die een van die vensterstrukture met my hande afgeruk om hulle uit te kry. Ek het toe vir die vrou gesê sy moet solank haar kind deur die venster vir my aangee.
Die vensterstrukture waardeur die ooggetuie die kind kon red.
My suster het toe met die kind na 'n waterkraan toe gehardloop om haar af te koel. Ek het die vrou ook deur die venster probeer help, maar ek kon nie daarin slaag nie.
Ek het dus geen grip gehad om haar ook te red nie. Die vlamme was in daardie tyd so erg dat ek moes terugstaan anders sou ek ook omgekom het."
Behalwe vir 'n paar skrapies en 'n ligte brandwond aan sy hand is die ooggetuie ongeskonde.
Foto's: Düllen Claassen
Volgens voorlopige inligting is die kind in George-hospitaal opgeneem en is 'n noodoperasie uitgevoer.
Dis in hierdie stadium nie bekend hoe die brand ontstaan het nie.
Foto's: Düllen Claassen
Foto's: Düllen Claassen
'Ons bring jou die nuutste Dysselsdorp, Klein Karoo nuus'