Gallery Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO'S - Brandbestryders spook om 'n brand by Pasella in Adderleystraat te blus.
Die brand het ongeveer 21:30 uitgebreek.
Pasella is 'n bekende besigheid wat jare reeds antieke meubels en ander unieke items verkoop.
Volgens mense wat naby die winkel woon het 'n verbyganger die brand gesien en die polisie en die brandweer in kennis gestel.
Die eienaar van die gebou was ook op die toneel. Volgens haar bestaan die besigheid al vir meer as 20 jaar en is reeds 'n geruime tyd weens Covid gesluit. Al die meubels en ander items was steeds in die winkel toe die brand ontstaan het. Niks kon gered word nie.
Dit is nog nie bekend hoe die brand ontstaan het nie.
Sover vasgestel kon word was niemand binne die gebou toe die brand uitgebreek het nie en is niemand beseer nie.
VIDEO verskaf:
VIDEO verskaf:
Foto: Liezl van Niekerk
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'