Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Brand wat vanoggend omstreeks 06:00 by CJ's Scrap Metal in Jonesstraat uitgebreek het, kon geblus word voordat dit na geboue versprei.
Volgens Debbie Warren, die eienaars se dogter, het sy vanoggend net na 06:00 rook en vlamme gesien toe sy die perseel wou oopsluit.
Mense van 'n aangrensende onderneming het intussen die brandweer gebel wat binne minute op die toneel was.
Dit blyk dat die brand onder bome wat langs 'n sloot tussen die twee ondernemings groei, ontstaan het.
Die sloot is oorgroei en bestrooi met rommel wat deur haweloses daar gelaat word.
'n Opsigter wat op die perseel woon, is deur die rook oorval toe hy van die brand bewus geraak het en nader gegaan het. Hy is egter nie beseer nie.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'