OUDTSHOORN NUUS - Die vermoede bestaan dat stukkies brandende bas van ‘n vuur in Noordstraat,gistermiddag oorgewaai het na ‘n peperboom in die gronde van Langenhoven Gimnasium in Noordstraat, Oudtshoorn.
Die peperboom het aan die brand geslaan en ‘n dreigende gevaar het onstaan dat omliggende bome ook kon vlam vat.
Oudtshoorn se brandweerdienste het na die toneel gehaas en ‘n gewisse groot brand voorkom.
Volgens omstanders op die toneel het mense gisteroggend naby die peperboom ‘n vuur gemaak en nie behoorlik geblus nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'