Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die bestuurder van 'n motor wat vanmiddag van agter teen 'n bakkie vasgery het, is deur die polisie hospitaal toe geneem om bloed te trek.
Die ongeluk het by die kruising van Voortrekkerweg en Buitekantstraat plaasgevind.
Verkeersbeamptes wou op die toneel 'n asemtoets doen, maar die persoon het nie samewerking gegee nie.
Die bestuurder van die bakkie het vrywillig 'n asemtoets gedoen en n lesing van 0 is geregistreer.
Volgens die bestuurder van die bakkie en haar passasier het hulle by die stopstraat gewag vir aankomende verkeer toe die Nissan van agter in hulle vasry.
Niemand is beseer nie.
Kyk 'n video hieronder.
Die bakkie wat van agter getref is.
Verkeersbeamptes op die toneel versoek die een bestuurder om 'n asemtoets te doen.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'