Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Een persoon is lig beseer en een vir skok behandel na 'n botsing by die kruising van Van der Rietstraat en Baron van Reedestraat.
Die ongeluk het omstreeks 17:30 plaasgevind.
Sover vasgestel kan word het 'n wit Hyundai i10 met Baron van Reedestraat langs gery en met 'n Ford Focus gebots wat voor die Hyundai ingery het.
Die Hyundai het twee pale gettef.
Die bestuurder van die Hyundai is vir waarneming hospitaal toe geneem en een insittende in die Focus het haar knie lig beseer.
Kyk 'n video hieronder.
Een insittende in die Focus het haar knie lig beseer.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'