Update
OUDTSHOORN NUUS - Inwoners se vrese dat voertuie wat op die besige N12 by Hopeville stilhou, tot botsings mag lei, is gisteroggend bewaarheid toe twee taxis in 'n botsing betrokke was.
Sedert die informele nedersetting ongeveer vier maande gelede ontstaan het, het verskeie mense op sosiale media kommer uitgespreek oor voertuie wat binne die geelstreep stilhou, die sperstreep verontagsaam en voetgangers wat die pad oorsteek.
Gisteroggend omstreeks 05:45 het 'n taxi oorkant Hopeville stilgehou en oor die sperstreep 'n U-draai gemaak om aan Hopeville se kant van die pad iemand op te laai. Die taxi is aan die sykant deur 'n ander taxi wat van agter gekom het getref.
Die bestuurder van die taxi wat 'n U-draai gemaak het, was alleen in die voertuig en is ongedeerd. Die bestuurder van die aankomende taxi het ligte beserings opgedoen, die vyf passasiers is nie beseer nie. Daar is vandeesweek begin met die oprigting van 'n hoë heining tussen die N12 en die opslaanhutte van Hopeville.
Vorige artikel: Twee taxis bots by Hopeville
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'