OUDTSHOORN NUUS - Oktobermaand is bewusmaking van kanker by vrouens, waarvan bors- en servikale kanker die voorlopers is.
Om toegang tot ondersoeke makliker te maak, gaan Kansa, Oudtshoorn, op verskeie plekke regstaan vir borsondersoeke en bloeddruktoetse.
Hulle is vandag tot 14:00 by Vredebest, 15 Oktober by Bridgeton-kliniek en 22 Oktober by Oudtshoorn-kliniek.
Indien besighede net vir die besigheid se personeel ondersoeke wil laat doen kontak Adri Odendaal by 072 133 0444.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'