OUDTSHOORN NUUS - Met toenemende gevalle word bors- en servikskanker as ’n nasionale prioriteit geïdentifiseer en die Kanker Vereniging van Suid-Afrika (Kansa) moedig vroue aan om vir jaarlikse gesondheidsondersoeke en siftingstoetse te gaan om kanker vroegtydig op te spoor, vertel Lorraine Govender, Kansa se nasionale bestuurder gesondheidsbevordering.
Volgens die 2019 Nasionale Kankerregister (NKR) is borskanker (buiten nie-melanoom velkanker) die mees algemene kanker wat vroue in Suid-Afrika, met ’n leeftydsrisiko van 1 in 27, affekteer.
Govender noem ook dat daar is 'n groeiende bekommernis is dat meeste vroue met laat stadium kankers gediagnoseer word, wat tot ’n moeilike prognose lei.
"Kansa speel ’n aktiewe rol om vroue van borskanker simptome te leer, asook hoe om maandeliks selfondersoeke van hul borste te doen. Navorsing wys dat ’n gereelde selfondersoek ’n belangrike rol speel om borskanker te ontdek, in vergelyking met ’n borsklont wat toevallig ontdek kan word. Alhoewel nie alle klonte kanker aandui nie, moet dit ondersoek word. Dis uiters belangrik om jouself op te voed en die waarskuwingstekens en simptome te verstaan.”
Govender deel ook mee dat Kansa kliniese borsondersoeke by Kansa-sorgsentrums aanbied om enige onreëlmatighede op te spoor.
"Pasiënte met mediese fonds voordele kan ’n eis insit nadat hulle vir die siftingstoets betaal het. Vroue is geregtig op ’n jaarlikse kliniese borsondersoek wanneer hulle 'n primêre gesondheidsorgsentrum besoek (volgens die nasionale departement van gesondheid se beleid vir die beheer van borskanker).
Wat is 'n mammogram
’n Mammogram is ’n spesiale X-straal wat klonte in die bors opspoor, dit voorkom nie borskanker nie. Dit kan egter lewens red deur borskanker so vroeg as moontlik op te spoor. Vroue vanaf die ouderdom van 40 jaar moet vir ’n jaarlikse mammogram gaan, vir die doel van nie-simptomatiese bors siftingstoetse. Vroue van 55 jaar en ouer, moet elke twee jaar vir ’n mammogram gaan – of sou hulle dit verkies, kan hulle met die jaarlikse mammogram voortgaan.
Sommige mense het genemutasies wat dit meer waarskynlik vir hulle maak om borskanker te ontwikkel. Vroue met een van hierdie genemutasies staan ’n groter kans om borskanker te ontwikkel en moet dus vir ’n jaarlikse mammogram verwys word.
Vroue kan by publieke hospitale se borsklinieke getoets word indien hulle ’n verwysingsbrief van ’n mediese beroepspersoon of kansa-verpleegster het. Alternatiewelik kan hulle die Radiologiese Vereniging van Suid-Afrika by 011 794 4395 kontak, ’n e-pos stuur aan radsoc@iafrica.com of www.rssa.co.za besoek om ’n mammogram te reël.
Metastatiese borskanker
Metastatiese borskanker (MBK) is wanneer kanker na ander liggaamsdele versprei. Govender vertel dat dit 'n langtermyn diagnose met vele newe-effekte en daaglikse uitdagings is.
"Die beperkings van hierdie toestand beteken dat dit nie altyd moontlik vir oorwinnaars is om self ondersteuningsgroepe by te woon nie, so dis belangrik dat hulle betekenisvolle en nuttige ondersteuning aanlyn verkry. Daar is 'n iSurvivor e-posondersteuningsprogram wat aangepas is met die fokus op MBK-pasiënte, hulle ontvang 'n weeklikse e-pos oor 'n tydperk van 16 weke om hulle te help en ondersteun."
Kontakbesonderhede
Bly ingelig deur op ons Kansa e-nuusbrief met gesondheidsveldtogte in te skryf en deel hierdie belangrike inligting met die vroue in jou lewe om kankerrisiko te help verlaag en vroeë opsporing van kanker moontlik te maak.
Pasiënte kan ook by Kansa se MBK WhatsApp ondersteuningsgroep aansluit wat deur ’n maatskaplike werker, wat ook ’n borskankeroorwinnaar is, behartig word. Om aan te sluit e-pos asseblief info@cansa.org.za
Boonop bied Kansa ’n hele aantal alternatiewe ondersteuningsgroep opsies aan, asook aanlyn ondersteuningshulpmiddels en gratis teleberading in sewe tale vir pasiënte, versorgers en geliefdes. Maak ’n afspraak op 0800 22 66 22 of e-pos counselling@cansa.org.za
Help om fondse in te samel
Diegene wie wil help om fondse in te samel om ons vrouegesondheid opvoedkundige veldtog te ondersteun en siftingstoetse bekostigbaar te hou, kan die geleenthede in Oktober ondersteun.
- Koop ’n doek with a difference of oorbelle
- Draai ’n boom toe as deel van die Pink Trees vir Pauline-veldtog – by plaaslike Kansa-sorgsentrums beskikbaar
- Hou of woon ’n Cuppa for CANSA geleentheid of ’n Kansa-SPAR tee by – kontak vir Angelique de Witt by adewitt@cansa.orgza
- Skenk via Kansa se veilige, aanlyn platforms
Vir meer inligting, kontak asseblief vir Lucy Balona, Hoof: Bemarking en Kommunikasie per e-pos lbalona@cansa.org.za of skakel 082 459 5230.
Maak kontak met Kansa
- Besoek www.cansa.org.za of kontak die naaste Kansa-sorgsentrum
- Skakel Kansa tolvry op 0800 22 66 22 of e-pos info@cansa.org.za
- Behalwe aanlyn hulpbronne en Facebook ondersteuningsgroepe, bied Kansa ook meertalige ondersteuning op WhatsApp aan: 072 197 9305 vir Afrikaans en Engels en 071 867 3530 vir isiXhosa, isiZulu, siSwati, Sesotho en Setswana
- Teleberading per afspraak op 0800 22 66 22 in Afrikaans, Engels, isiXhosa, isiZulu, siSwati, Sesotho en Setswana
- Volg Kansa op Facebook: CANSA The Cancer Association of South Africa
- Volg Kansa op Twitter: @CANSA (http://www.twitter.com/CANSA)
- Volg Kansa op Instagram: @cancerassociationofsouthafrica
- Volg Kansa op LinkedIn
- Volg Kansa op Pinterest.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'