Update
OUDTSHOORN NUUS - Borgtog is Maandag in die landdroshof op Oudtshoorn aan twee van vyf mans, wat aangekla word van die besit van ongeslypte diamante, geweier.
Vier van die verdagtes, Martin Botha, Moeketsi Matjoba, Jagdeep Singh Multani en Mongeotywa Fefe is op 28 Augustus by die Pick n Pay Mall op Oudtshoorn in hegtenis geneem met twee ongeslypte diamante ter waarde van sowat R20 000 in hul voertuig.
'n Vyfde verdagte, Divan Ernest van Oudtshoorn, is 'n paar dae later aangekeer.
Landdros Johan Steynberg het op Maandag 3 September borgtog aan Multani, Fefe en Ernest toegestaan en Dinsdag borgtog aan Botha en Matjobe geweier.
Albei is burgers van Lesotho en kon nie die hof Maandag oortuig dat hulle oor wettige verblyfpermitte beskik nie.
Die staat het borgtog teengestaan omdat hulle moontlik kan vlug en landdros Steynberg het die saak vir verdere ondersoek tot 26 Oktober uitgestel.
Lees 'n vorige artikel hier: Diamantsaak in hof
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'