CALITZDORP NUUS - Boplaas Familie Wingerde in Calitzdorp het onlangs uitstekend presteer by die Cape Winemakers Guild-veiling. Carel Nel, keldermeester, is 'n lid van die gilde sedert 1988 en lidmaatskap is slegs op uitnodiging.
Die Boplaas CWG Cape Tawny Reserve 2005, het 95+ punte ontvang by die internasionale wynkenner, Robert Parker (VSA). Dit was die hoogste punt van alle wyne op die veiling.
Die Cape Tawny Port het 16 jaar in vate verouder voordat dit gebottel is. Die hoogste prys wat die wyn teen verkoop is, was R1 694 p/b BTW ingesluit.
Die Boplaas CWG Daniel's Legacy 2020 is 'n rooi versnit van die Portuguese kultivars - Touriga Nacional, Tinta Barocca, Shiraz en Cabernet Sauvignon en het 94+ punte ontvang by internasionale wynkenner, Robert Parker VSA.
Die hoogste prys wat die wyn teen verkoop is, was R1 431 p/b BTW ingesluit.
Strauss & Co Fine Wine Auction het 513 lots verkoop teen R13 985 500. Hierdie wyne is eksklusief beskikbaar by die Cape Winemakers Guild-veiling.
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Karoo nuus'