BEAUFORT-WES NUUSFLITS - Alhoewel Beaufort-Wes se watervoorsieningsbron, die Gamkadam, leeg is, het die dorp nog genoeg water.
Die 32 boorgate rondom Beaufort-Wes voorsien tans 84% van die dorp se water terwyl die ander 16% uit herwinde rioolwater verkry word.
Dieselfde tyd verlede jaar, was die Gamkadam 31,1% vol.
James-Brent Styan, woordvoerder vir die Wes-Kaapse departement plaaslike regering, het Maandag 13 November gesê, “die dam het sy oppervlak-watervlak bereik.”
Volgens Styan is die dorp nie sonder drinkwater nie.
“Alhoewel die dam leeg is, voorsien die boorgate en watersuiweringsaanleg water aan die dorp.
"Ons sal net graag wil sien dat die dam water kry.”
Styan het bevestig dat ‘n verdere vyf boorgate binnekort gesink sal word, om die ondergrondse watertoevoer aan te vul.
ARTIKEL: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Beaufort-Wes, Karoo nuus'