OUDTSHOORN NUUS - Twee persone is gisteraand na 'n botsing (omstreeks 23:00) per ambulans hospitaal toe geneem.
Die Hyundai i20 waarin hulle was het 'n boom in Jan van Riebeeckweg getref.
Volgens 'n ooggetuie het die Hyundai met Jan van Riebeeckweg langs in die rigting van die skougronde gery.
Die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor nadat toe hy Voortrekkerweg kruis, waarna die voertuig 'n boom getref het.
Twee persone is hospitaal toe geneem.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'