OUDTSHOORN NUUS - Deelname en betrokkenheid bly 'n voorreg en geleentheid vir enige leerling op skool. Interskole is die afsluiting en hoogtepunt van 'n jaar se harde werk op die sportveld. Dis een van die geleenthede wat enige leerling altyd sal onthou.
Die smee van vriendskappe onderling en tussen buurskole bly lewenslank. Ons is slegs eenkeer op skool en daarom moet ons dit geniet en elke aspek van kindwees beleef en ervaar.
Mag 2018 onvergeetlik wees in alle opsigte. Neem deel, geniet dit en leer lewenslesse uit hierdie ervaring. Mag die beste spanne wen.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'