TUINROETE | KAROO NUUS - Blacky, die uitgeteerde hond wat onlangs deur Oudtshoorn Dogs in Need (Odin) van sy huis in Oudtshoorn verwyder is, is ontslaan en word tans by Tantivvy in George gehuisves.
Volgens Marlene Mennie, 'n vrywilliger van Odin, was hy met borsluiskoors gediagnoseer en is hy tans op 'n 28 dae-behandeling waarna hy weer getoets gaan word.
"Dit gaan definitief beter met hom, maar hy is uiters swak. Die skut is nie 'n plek vir hom om te rehabiliteer nie."
Sy sê dat hulle tydelike verblyf vir Blacky soek waar hy 'n warm bed en baie liefde sal kry.
Indien enigiemand Blacky wil help kan hulle Odin by 072 084 1374 kontak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’