OUDTSHOORN NUUS - Meer as 50 voertuie het gistermiddag die “I surrender“-Christengroep se lofprysing- en aanbiddingsdag by die Queens Mall se parkeerarea bygewoon.
Toegang was gratis en toeskouers kon dié biddag slegs vanuit die veiligheid van hul motors aanskou.
Die verrigtinge het vanaf 16:00 tot 18: 00 geduur en was regstreeks deur EDENfm uitgesaai.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'