Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Nog ’n informele nedersetting het ’n pad gesluit uit protes teen die tenderproses om toilette te verskaf.
Inwoners van GG-kamp het vanoggend ’n gedeelte van Dassieweg by die slagpale afgesper en bande aan die brand gesteek.
Hulle hou dieselfde redes voor as wat inwoners van Hopeville gister gehad het toe hulle die N12 afgesper het.
Inwoners is nie daarvoor te vinde dat ’n nuwe maatskappy vanaf September mobiele toilette verskaf nie. Hulle dreig met gewelddadige optrede as enige persoon die bestaande toilette sou verwyder.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'