Intussen was daar ook 'n voorval waar dieselfde trokkie Maandag op 'n oop terrein reg langs huise in Bongolethu deur 'n muur gebars het. Sondag het 'n ander ryskooltrokkie ook 'n heining by een van die huise platgedruk.
Die stuk grond reg langs die Bongolethu-rugbyveld word deur verskeie ryskole gebruik vir opleiding, maar word aan twee kante begrens deur huise waar kinders gereeld langs die heinings speel. Die Oudtshoorn Courant het Woensdag weer die terrein wat 'n paar weke gelede aan die minister uitgewys is besoek en gesien hoe verskeie leerlingbestuurders sonder instrukteurs in die voertuie oefen.
Besware van die publiek wat gister per e-pos aan die minister en aan die waarnemende munisipale bestuurder, Ronnie Lottering, gestuur is sluit onder andere die volgende in:
- Die meeste bestuurskole beskik oor geen versekering nie.
- Van die instrukteurs is so jonk as 19 jaar en beskik dikwels nie oor die nodige permitte en professionele bestuurspermitte nie.
- By ongelukstonele word die nodige dokumente slegs deur verkeersbeamptes gevra nadat lede van die publiek daarop aandring.
- Leerlingbestuurders wat skaars kan bestuur word te gou toegelaat om in verkeer te ry.
- Terreine waar kinders se lewens in gevaar gestel word, word vir opleiding gebruik.
- Sommige beamptes het familie- of vriendskapsbande met eienaars van bestuurskole
- Die groot aantal leerlingbestuurders wat van ander dorpe na Oudtshoorn stroom om rybewyse te bekom
- Trokkies wat in ongelukke beskadig is word net so gebruik sonder dat die skade herstel word.
ARTIKEL: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn | Klein-Karoo nuus'