OUDTSHOORN NUUS - Die middelmannetjie van Voortrekkerweg, by die ingang van die dorp naby die polisiekollege, is die nuutste gedeelte wat deur inwoners verfraai is.
Willem Burger van Suid-Kaap Bestuurskool het met die bydraes van Hein Jonker van Greylands, Cornel Landman en Hester Verwey klippe, plante en sementblokke gebruik om die middelmannetjie op te knap.
Burger sê dié gebaar is hulle manier om terug te ploeg in die gemeenskap.
Hy het veral melding gemaak van die puik samewerking van die munisipaliteit se parke-afdeling. "Veral Christiaan by parke vir wie niks ooit te veel moeite is nie."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'