OUDTSHOORN NUUS - Op 9 Augustus het die Noord/Suid Besigheidsliga-derby tussen die besigheidsligaspanne van Outeniqua-rolbalklub van George en die Oudtshoorn-rolbalklub plaasgevind.
Die spanne van Outeniqua was Ou Rollers, Butz en Gutz, Bowling Stones, Boksombende, Wakker Akkers en Wood Guys terwyl die Oudtshoorn-spanne ATW Motors, Oudtshoorn Ford, Windpomp, HCSC Weermag Siekeboeg, Blacklist Security en Foodlovers Market was.
Van vroeg is daar gekuier en 12:00 het spel jolig begin en is die aand afgesluit met heerlike potjiekos.
Die wenners was Boksombende (Outeniqua), Blacklist Security (Oudtshoorn) en Ou Rollers (Outeniqua).
Die beker het ook gegaan aan die Outeniqua-besigheidsliga-groep met die hoogste puntetelling. Die kompetisiebeker is geborg deur Jolana's Groentemark.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’