OUDTSHOORN NUUS - Die Caves-atreeoord was verlede Donderdagaand die gasheer van die maandelikse netwerkaand van die Oudtshoorn-besigheidskamer.
De Villiers Neethling van 8 Miles Investments, wat die afreeoord ontwikkel het die nuwe fase met woonstelle bekendgestel.
Niel Els van die besigheidskamer het oor nege projekte wat die besigheidskamer in Oudtshoorn geïdentifiseer het uitgebrei en nuwe lede van die besigheidskamer is ook tydens die aand voorgestel.
Nuwe besigheidskamerlede wat tydens Donderdag se netwerkaand verwelkom is. Van links is:Fanie en Denine van Wyk (Olivanti Country Manor), Niel Els (bestuurslid van die besigheidskamer), Marlene Joubert (Zigzac Embroidery), Lisa Smith (Klein Karoo Online) en Johan Lubbe (Akademia).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'