Die vrou wat die fondsinsameling dryf, Bonitha Truter van Herold, sê die fondsbestuur beoog om voor 9 November R50 000 in te samel. "Dan kan ons minstens een vliegtuigkaartjie bekostig. Ons vra dus almal om ons lootjietrekking te ondersteun deur kaartjies vir net R10 elk te koop of ons te help met verkope."
Dawid is in 2007 ernstig in ‘n motorongeluk in die VSA beseer en bly daar in ‘n versorgingsoord. Sy familie en vriende is desperaat om hom terug te bring na Suid-Afrika en daar is baie aantreklike pryse in die lootjie-trekking op die spel. Neem deel, wen ‘n prys en bring ook vir Dawid tuis. Die trekking vind op 9 November plaas en die wenners sal in die media aangekondig word.
Eerste prys - ‘n naweek vir twee (bed en ontbyt) by die Protea Hotel Knysna Quays;
Tweede prys - ‘n nag se verblyf vir twee, ‘n wildrit en olifantervaring by Buffelsdrift Game Lodge;
Derde prys - ‘n naweek vir twee by Kango Bergoord in Oudtshoorn met toegang tot die Kango Grotte, Kango Volstruisplaas en Rust en Vrede;
Vierde prys - ‘n wildrit vir twee (waarde R1 000) by die Garden Route Game Lodge in Albertinia;
Vyfde prys - toegangskaartjies vir twee persone by Monkeyland/Birds of Eden in Plettenbergbaai.
Bonitha Truter sê hulle is uiters dankbaar teenoor die instansies wat hulle met pryse borg. "Ons wil ook net vir almal bedank wat bereid is om met kaartjieverkope te help om Dawid tuis te kry, asook vir almal se ondersteuning tot dusver."
Op Oudtshoorn kan kaartjies gekoop word by:
- Essie by Oudtshoorn Fietse
- Delene’s Hair Studio
- Engen Rainbow Motors
- Creative Hair Studio
- Serious Hair
- Marinetts Haarsalon
- Liquor Land Drankwinkel
- Perde Club Country Club
- Lemon ‘n Lime
- Spies Bionetikus
- Salon Petite
- Swan’s Kwekery
- Super Car Wash (Pick ‘n Pay)
Skenkings sal ook waardeer word:
Dawid Kriel Trust, FNB, Rek no: 62311038831, Pretoria-noord, (251045)