Update
CALIITZDORP NUUS - Twee jong Calitzdorpers, Enslin Arende en Chris Tarentaal se rolprent, Bergsig, het onlangs die lig gesien.
Op 'n vraag waar die idee van die film ontstaan het, sê Arendse dat hulle die jeug van die dorp wou inspireer.
Bergsig handel oor die "problematiek van die "kleurling" identiteit in Suid-Afrika en die gevolge van Apartheid op jongmense. Die film is juis Bergsig genoem in 'n poging om die ontkenning van die rol van bruin mense in die geskiedenis van Calitzdorp in die kollig te plaas.
Volgens die Institute for Justice and Reconciliation (IJR) is daar 'n beduidende vordering sedert 1994 se verkiesing, maar dat plattelandse dorpies soos Calitzdorp steeds gebuk gaan onder sosio-ekonomiese verskille.
Die film ontbloot ook hoe jongmense hul voete probeer vind in 'n samelewing wat min geleenthede gebied word.
Hierdie film kan beskou word as 'n eerlike oorsig en assessering van die sogenaamde "Vrygebore" jongmense van Calitzdorp.
Indien daar enige wanpersepsies deur die berig geskep is bied die korrespondent hier betrokke sy verskoning aan alle rolspelers van die projek.
Vorige artikel: Twee jong Calitzdorpers stel rolprent bekend
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’