OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-munisipaliteit het in ‘n verklaring kennis gegee dat verskeie beplande kragonderbrekings hierdie week sal plaasvind weens onderhoudwerk.
Volgens Aurelia Oliphant, woordvoerder van die Oudtshoorn-munisipaliteit, sal die krag in sekere gedeeltes van die dorp elke dag van 07:30 tot 17:00 af wees.
“Daar is ‘n moontlikheid dat die krag vroeër as beplan aangeskakel gaan word. Indien dit die betrokke dag reën, gaan die krag nie afgeskakel word nie.”
Die geskeduleerde dae en die areas wat geaffekteer word is as volg:
Woensdag 21 Maart:
- Jonesstraat – die industriële gebied.
- Oostelikeweg – die melkfabriek en herwinningsaanleg.
- Die Burgersentrum in Voortrekkerweg.
- Tabakstraat – Jonkies Vervoer.
Donderdag 22 Maart:
- Bridgton: 5de,- 6de-, 7de-, 8ste-, 9de-, en 10de-,18de-, 21ste Laan sowel as Lynerslaan, Richardstraat, Heunisstraat, Van der Merwestraat, Malgasstraat, Begonia- tot Meiringstraat, Bobby le Rouxstraat, John Chapmanstraat, Arnold de Jagerrylaan, Panoramastraat en Coronoation te huis vir bejaardes en Gumtreestraat.
Vrydag 23 Maart:
- St. Johnstraat, Chestnutstraat, Memosalaan, Parkweg-Suid, Hospitaalstraat, vier huise in Wallisstraat en die deel van Buitekantstraat wat tussen Voortrekkerweg en St. Johnstraat geleë is.
- Die polisiestasie, Leadermans, Bradlows, die slaghuis, Jet, Du Plessis-motors en die polisiehuis word ook geraak sowel as Kleinplasie en die polisiekantoor by Kleinplasie.
- Holiday Inn, St. Tropez-woonstelle en Merrimar-woonstelle.
Saterdag 24 Maart:
- Shoprite – Hoogstraat vanaf Olivier straat na St. Johnstraat.
- Shoprite – St. Johnstraat vanaf Hoogstraat na Adderleystraat.
- Museum – Museum, Carwash, Biblioteek en Rec.
Sondag 25 Maart:
- Russel – Bokomo, CP Nel, Pleinstraat, Oostelikeweg, Pressmelk, Swartsingel, Big Bird, Storage Warehouse, Sweisplek en Snuffelmark.
- Kindock 1 – Vanaf Koop en Loop tot voor Wessels & kie.
- Kindock 2 – Vanaf Dassieweg tot by die skrootwerf.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'