OUDTSHOORN NUUS - Ben Vrey Snr, die sakeman wat in 2012 op vier klagtes van seksuele teistering in hegtenis geneem is, is Dinsdag in die Oudtshoorn streekhof tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis.
Adv. Alfred Schmidt het in opdrag van Vrey se prokureur, mnr. Louis Oosthuizen, opgetree. Schmidt het Dinsdag reeds teen die skuldigbevinding sowel as die vonnis geappelleer, maar landdros Daniel Boks het dit nie toegestaan nie.
Boks het gesê dat Vrey 'n sesde (10 maande) van sy vonnis moet uitdien, die res van die vyf jaar sal korrektiewe toesig wees.