OUDTSHOORN NUUS - Verskeie finansiële adviseurs van Complectus Welvaart BlouSter van Oudtshoorn, wat onder andere spesialiseer in finansiële beplanning en beleggingsadvies, het weer uitgeblink in 'n interne bemarkingskompetisie.
Complectus was algeheel tweede onder die BlouSter-besighede in die Suid-Kaap.
Jacques Strydom is vir die sesde agtereenvolgende jaar as die toppresteerder in die Suid-Kaap aangewys. Hy het ná 22 jaar diens nou ook Adelaarstatus verwerf.
Dié toekenning word slegs gedoen aan finansiële adviseurs wat deurlopend en oor 'n lang tydperk hoogstaande diens lewer.
Die meeste Adelaars kry dié gesogte toekenning eers ná sowat 20 jaar diens.
Francois Beets was algeheel 29ste uit 75 Suid-Kaapse adviseurs terwyl Ansa de Jager, wat in korttermynversekering spesialiseer, binne die SDI-groep vyfde geëindig het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'