Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Man wat gereeld in Baron van Reedestraat rondstap is vanaand per ambulans hospitaal toe nadat die buitelandse eienaar van 'n kafee hom met 'n voorwerp geslaan het.
Volgens die eienaar, wat slegs gebroke Engels kan praat, het die man kliënte gepla en die eienaar gevloek.
Die man het 'n besering aan sy been opgedoen wat erg gebloei het.
Die voorval het op die hoek van Kerk- en Baron van Reedestraat gebeur.
Die man is vanaand per ambulans hospitaal toe.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'