OUDTSHOORN NUUS - Een van die opwindende uitvoerings wat vanjaar deel van die Klein Karoo Klassique is, is die optrede van die bekende pianis, Sulayman Human saam met bekende fluitspeler, Myles Roberts.
Human, 'n boorling van Oudtshoorn, en Roberts deel die verhoog op Saterdag 11 Augustus om 17:30 in die NG Moderkerk.
Die duo sal in hulle konsert van 'n uur die gehoor trakteer met klanke van komponiste van oor die wêreld heen. Die gehoor kan uitsien na ensemble-werke met al die elemente van kamermusiek wat met die stories van beide musikante verweef word.
Die Klein Karoo Klassique vind vanjaar vanaf 9 tot 12 Augustus met tien uitsoekvertonings, plaas. Ander vertonings waarna uitgesien kan word is onder andere die konserte van dieCharl du Plessis Trio, die befaamde Belgiese trekkalvierspeler Tuur Florizoon en die bekende tenoor, André Scwartz.
Kunste Onbeperk het 'n spesiale aanbieding van R900 vir al tien konserte, wat 'n besparing van R400 meebring. Vir meer inligting besoek die webtuiste, www.klassique.co.za.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'