Tans bestaan Lindenkoor uit 100 lede, waarvan meer as die helfte seuns is. Hul staan onder die bekwame leiding van Duncan Fourie en word deur Gert Potgieter begelei.
Oor die afgelope 22 jaar het die koor vele gesogte nasionale en provinsiale pryse gewen en ook in die buiteland hul staal gewys. Verlede jaar was hul die enigste koor wat tot in die eindronde van die Nasionale Eisteddfod Vereniging gevorder het.
In 2012 en 2007 het Lindenkoor goue en silwermedaljes verower in internasionale kompetisies in Preveza, Griekeland en Praag, Tsjeggiese Republiek.
Hul musiektalent was ook al op televisieprogramme soos Geraas, Villa Rosa en die gewilde joernaalprogram, Pasella te sien.