OUDTSHOORN NUUSFLITS - Kobus Barnard, wat bekend was as die man op die bromponie wat met sy wit Maltese poedel, Daisy, agterop in sy eie hokkie ry, is verlede week na 'n kort siekbed oorlede.
Hy was ook bekend as 'n hardwerkende ambagsman met 'n passie vir Oudtshoorn.
Hy het gereeld briewe aan koerante geskryf waarin hy staaltjies en ook lewenswyshede gedeel het.
"My pa het siek geraak en baie vinnig agteruit gegaan. Dit is vir my bitter moeilik om hom so te sien.
"Hy was voor sy dood vir bietjie meer as drie weke in die Oudtshoorn-hospitaal. Hy is oorspronklik opgeneem vir hoë bloeddruk en terwyl hulle besig was om dit te behandel, met onder andere bloed verdunners, het hulle vasgestel dat hy 'n maagseer ook het.
"Hulle moes die bloed verdunners dadelik stop om eers die maagseer te behandel en dinge het maar versleg," het hy gesê.
Wyle Kobus Barnard by sy gesweisde waghond, Knerses, in 2014. Foto: Liezl van Niekerk
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'