OUDTSHOORN NUUS - ‘n Bejaarde man van 77 is R10 000 kwyt nadat ‘n skelm sy bankkaart vanoggend by Standardbank bekom het.
Robert Beaumont het vanoggend by Standardbank in Kerkstraat by die kitsbank probeer geld trek. Die masjien wou egter nie reageer nie en ‘n swart man wat agter hom gestaan het, het gesê hy druk die verkeerde knoppies.
Beaumont sê hy het verboureerd geraak toe die man aanhoudend inmeng en self later begin knoppies druk het.
Die man het toe weggestap en Beaumont het gedink die masjien het sy kaart ingesluk. Nadat hy hulp in die bank gaan vra het is vasgestel dat iemand in die paar minute reeds R10 000 uit sy rekening getrek het.
Mense word weereens dringend gewaarsku om nie pin nommers in te tik as einigiemand naby hulle is nie en ook om nie toe te laat dat vreemdelinge hulle “help” nie.