KAROO NUUS - Die burgemeester van die Kannaland-munisipaliteit, Jeffrey Donson, het verlede week die eerste sooi vir hul beoogde nuwe behuisingsprojek in Calitzdorp gespit.
Hierdie projek, wat volgens die munisipaliteit amptelik in Augustus begin, grens aan die woongebied bekend as Royal Heights en sal teen 'n koste van R 39 307 326 voltooi word.
In 'n mediaverklaring het die munisipaliteit se waarnemende munisipale bestuurder en direkteur: korporatiewe dienste, Hendrik Barnard, bevestig dat 120 geïntegreerde Hop-huise gebou gaan word.
Barnard het ook die bevestiging gegee dat 'n omgewingsimpakstudie vir 'n behuisingsprojek agter die Lactalis Suiwelfabriek in Ladismith, reeds voltooi is en beoog die munisipaliteit om 280 huise daar te bou.
"Die Ladismith-behuisings-projek word vir die 2024/25- boekjaar beplan."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’