Update
OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen 'n egpaar van Oudtshoorn wat van bedrog en geldwassery aangekla word, en al verskeie kere uitgestel is, is Vrydag in die Oudtshoorn streekhof finaal vir verhoor tot Maart 2019 uitgestel.
Ricardo Bowkers (43), wat reeds 12 jaar tronkstraf opgelê is nadat hy op vyf aanklagte van bedrog en een van geldwassery skuldig bevind is, staan saam met sy vrou, Desiree, tereg op nog soortgelyke aanklagte. Hulle het na bewering vals eise by twee versekeringsmaatskappye, Mutual & Federal en Santam, ingedien.
Van die oortredings is glo gepleeg terwyl Ricardo in aanhouding was.
Streeklanddros Retha Pretorius het die saak tot 9 November uitgestel omdat die vrou se regshulp prokureur, Wenzel Botha, weens siekte nie met hul vorige verskyning by die hof kon wees nie. Pretorius het Botha na sy sieksertifikaat ten opsigte van sy vorige afwesigheid gevra.
Hy het verduidelik dat hy dit by sy werkgewer, die Regshulpraad, ingedien het en is so deur die landdros aanvaar.
Lees vorige artikels hier:
- Appèlaansoek van bedrieër uitgestel
- Bedrieër kry 12 jaar tronkstraf
- Egpaar in hof vir bedrog en geldwassery
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'