OUDTSHOORN NUUS - Sewe o.15-basket-balspelers verbonde aan Bridgton Sekondêr in Oudtshoorn het onlangs aan SWD-basketbalproewe by Hoërskool Heather-lands in George deelgeneem.
Van die sewe spelers, is vyf vir die SWD-distrikspan gekies. Die spelers is Delvino Fortuin, John-Theo du Plessis, Crawine Ruiters, Emile Grondt en Christiano Fouché.
Hulle word deur Ebenezer Titus afgerig.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'