Update
OUDTSHOORN NUUS - Kansa se grootste jaarlikse geldinsamelingsprojek, die Cansa Relay for Life, se Oudtshoorn vleuel van die Relay for Life, vind die nag van 3 en 4 Februarie op die De Jager Sportgronde plaas.
In aanloop tot die Relay for Life is twee pretgeleenthede, waar die hele familie aan kon deelneem, gehou om geld in te samel om hoofsaaklik die sekuriteitsonkostes vir die Relay for Life te dek.
Die twee geleenthede was onderskeidelik 'n Power of Purple-stap en 'n Dress Up-partytjie met 'n spitbraai. Die Dress Up-partytjie, was georganiseer en geborg deur Mariska Swart van Just Photo's.
Oudtshoorn se onderburgemeester, Noluthando Mwati, die burgemeester se vrou, Amy Sylvester, en raadslid Ewa Fortuin het aan die Power of Purple-pretstap deelgeneem, waarna Mwati met die pretstap se organiseerder, Riana Lindeque, aan haar sy die Relay for Life se datum aangekondig het.
Die oggend is afgesluit met 'n spog tee en vermaak deur Paul Amas en Juanita Pretorius van House of Entertainment.
"Die Cansa Relay For Life bekendstelling was ‘n groot sukses. Die komitee wil elke person bedank wat bygedra het om die dag ‘n sukses te maak," het Lindeque gesê.
Spanne kan nou inskryf vir die Relay for Life.
Suster Liezl Kellerman, Paul Amas en Mariska Swart doen gelukstrekkings. Paul Amas gaan by die Relay for Life ook optree. Foto's: Christo Vermaak
"Die Cansa Relay For Life geleentheid is simbolies van die stryd wat kankerlyers teen die siekte stry.
"Dit behels dat spanne van 10 of meer lede deurnag om die baan stap en ten minste een van die spanlede op die sportbaan moet hê. Ons wil die gemeenskap passievol kry oor kankerbewusmaking."
Paul Amas sal weer die nag van die Oudtshoorn relay for Life optree.
Met die Kansa DressUp partytjie kon van die gaste nie herken word nie, soos hulle opgemaak is.
Inskrywingsvorm kan afgehaal word by die Oudtshoorn Kansa-kantoor, of bel 044 272 2724 om reëlings te tref om dit te bekom.
• Daar is tans 275 pasiente by Oudtshoorn Kansa geregistreer, wat weekliks dramaties raak. Daarom kan elke persoon in die dorp sê, "ek ken iemand wat kanker het of ek het familie met kanker aan die dood afgestaan, of ek is self ‘n kanker oorwinnaar."
Lees 'n vorige artikel: CANSA relay for life
ARTIKEL: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'