OUDTSHOORN NUUSFLITS - CANSA se grootste jaarlikse geldinsamelingsprojek, die CANSA Relay for Life, se Oudtshoorn vleuel van die Relay for Life, vind die nag van 3 en 4 Februarie op die De Jager Sportgronde plaas.
In aanloop tot die Relay for Life is twee pretgeleenthede, waar die hele familie aan kon deelneem, gehou om geld in te samel om hoofsaaklik die sekuriteitsonkostes vir die Relay for Life te dek.
Die twee geleenthede was onderskeidelik 'n Power of Purple-stap en 'n Dress Up-partytjie met 'n spitbraai.
Die Dress Up-partytjie, was georganiseer en geborg deur Mariska Swart van Just Photo's.
Oudtshoorn se onderburgemeester, Noluthando Mwati, die burgemeester se vrou, Amy Sylvester, en raadslid Ewa Fortuin het aan die Power of Purple-pretstap deelgeneem, waarna Mwati met die pretstap se organiseerder, Riana Lindeque, aan haar sy die Relay for Life se datum aangekondig het.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'