OUDTSHOORN NUUS - 'n Werknemer van die Oudtshoorn-munisipaliteit (waterwese-afdeling) het vanmiddag omstreeks 14:15 met die munisipaliteit se Toyota Hilux-bakkie in Langenhovenweg in 'n lamppaal vasgery.
Sover vasgestel kon word was hy die enigste insittende ten tye van die ongeluk.
Volgens die bestuurder het hy kort voor die ongeluk sy bewussyn verloor en kan hy dus niks onthou nie.
Hy was onderweg na die munisipaliteit se suiweringswerke (rigting George) toe die ongeluk plaasgevind het.
Paramedici het die man op die toneel vir borspyne en 'n gekneusde regterknie behandel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'