OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Twee insittendes van 'n Toyota Hilux-bakkie is ongedeerd in 'n botsing met 'n koedoe vanoggend omstreeks 08:45.
Hulle was vanaf Mosselbaai na Oudtshoorn onderweg toe die koedoe-ooi sowat 20km buite Oudtshoorn oor die pad gehardloop het.
Die bestuurder kon die bakkie veilig tot stilstand bring.
CapeNature is ontbied om die karkas te verwyder en die plaaseienaar uit wie se grond die bok gekom het, is ook in kennis gestel.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'