Update
OUDTSHOORN NUUSFLITS - Die Oudtshoorn-polisie ondersoek ‘n klag van roekelose en nalatige bestuur na ‘n fietsryer gister deur ‘n bakkie van haar fiets af gery is.
Volgens kapt. Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het die botsing pm 17:30 op die Lategansvlei-pad gebeur.
“Na bewering het beide die bakkie en die fietsryer in dieselfde rigting gery en die bakkie wou die fietsryer links verbygesteek. Die fietsryer het links beweeg waarna die twee gebots het. Die fietsryer is van agteraf getref.”
Die 50-jarige vrou is per ambulans hospitaal to geneem met veelvuldige beserings.
Nie die bestuurder van die bakkie of die fietsryer se naam kan op die stadium bekend gemaak word nie, omdat daar ‘n klag ondersoek word.
Volgens Corné Botha, wat ook op die toneel was, het die vrou veelvuldige beenbreuke aan haar arms en bene opgedoen. Sy het ook ‘n rugbesering opgedoen.
Die vrou is gisteraand na George MediClinic oorgeplaas.
Lees 'n vorige artikel: Vrou van fiets afgery
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'