OUDTSHOORN NUUS - Die ATKV-skryfskool, in same-werking met die Prins Albert Leesfeeskomitee, bied 'n slypskool in die skryf van verhale aan.
Hoekom skryf en vertel ons verhale? Met watter "gereedskap" werk ons as ons verhale skep?
Wat maak 'n verhaal 'n treffende verhaal? Hoe verloop die skryfproses?
Reeds meer as 27 jaar help die ATKV-skryfskool opkomende skrywers om hulle voete in die skryfwêreld te vind.
Na raming het meer as 6 000 publikasies deur oudkursusgangers van die skryfskool se kursusse reeds die lig gesien.
Skryf in vir die tweedagslypskool en volg in die voetspore van bekendes soos Chanette Paul, Irma Joubert, Dianna Ferrus, Jaco Jacobs, Elias P Nel, Kristel Loots, Carina Stander en talle meer.
Besonderhede
Aanbieders: Bernard Odendaal en Hans du Plessis (huidige en voormalige hoofde van die ATKV-skryfskool van die Noordwes Universiteit).
Datums en tye: Woensdag 1 November (13:00-17:00) Donderdag 2 November (13:00-17:00)
Plek: Depth Leadership-sentrum, Prins Albert
Koste: R800 (sluit verversings en studiemateriaal in)
Besprekings: Marlene Malan, marlene.skryf@gmail.com
Besonderhede vir inbetaling sal dan verskaf word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'