OUDTSHOORN NUUS - Arno Cilliers het die afgelope Saterdag die 153ste Oudtshoorn Parkrun by Surval met 'n tyd van 22 minute 35 sekondes gewen.
Shaun Kock was tweede in 23 minute en Henry Carstens (23:05) kort op sy hakke in die derde plek.
Johann Coetzer was die vierde drawwer oor die eindstreep, ook met 'n tyd van 23:05 gevolg deur Pieter Grimbeeck (23:40), Deon van der Walt (23:42), Francois le Roux (24:17), Nico Myburgh (25:00) Newald Groenewald (25:04) en Leon Lareman (25:06).
Claire Northcote (25:39), 'n besoeker, was die eerste vrou by die eindpunt.
Altesaam 92 drawwers en stappers het Saterdag deelgeneem met Newald Groenewald wat sy 151 ste Parkrun voltooi het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'