Die vereniging is reeds vir etlike jare in 'n penarie wat geskikte kantore en werks-winkels aanbetref. Hulle was 'n geruime tyd in die Centre of Hope gebou gevestig, maar daar het hulle onder gereelde inbrake deurgeloop en twee weke gelede was die hele plek onder water na swaar reën. Die geboue wat nou op die terrein wat aan APD toegeken is opgerig word is egter tydelike geboue van sink en hout wat nog nie naastenby die ideale fasiliteite is nie.
Daar is ook vasgestel dat daar kommer heers oor die veiligheid van die vroulike personeel wat daagliks die kantore en werkswinkels moet beman. Ten spite van die ooglopende probleem is Eshida May van APD opgewonde oor die nuwe perseel. Sy doen 'n dringende beroep op die gemeenskap om betrokke te raak by die oprigting van die sentrum wat eersdaags betrek moet word deur skenkings en bydraes te gee vir onder andere die volgende benodighede:
- Diefwering by alle vensters
- Deure vir die houtgeboue
- Die oprigting van loopplanke wat deur rolstoele gebruik kan word
- Kantoortoerusting soos kaste,
- rakke , liasseerkabinette, waaiers, lugreëlaars en blindings.
- Buite word plaveistene en skadunette benodig.
Persone en organisasies wat hul weg oopsien om die lewe van gestremdes in Oudtshoorn draagliker te maak kan Eshida by 044 272 0683 skakel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn | Klein-Karoo nuus'