Studente aan die vliegskool is vereer vir besondere prestasies in hul kursus asook administratiewe personeel wat hard gewerk het en deur die jaar presteer het.
Marais het vertel dat kadette en hul instrukteurs aan die vliegskool in die laaste 14 maande nagenoeg 28 000 opleidingsure deurgebring het en dat hierdie syfers in die toekoms sal toeneem namate meer studente by die vliegskool ingeneem word. "Ons doelwit is om uiteindelik opleiding te bied aan 400 kadette per jaar. En steeds sal ons mikpunt `n 100%-veiligheidsrekord wees. Ons het `n veiligheidsbeleid in plek en elke lid van ons personeel moet daarop inkoop."
Die aand se spreker was maj. genl. Des Barker, `n derdegenerasie lugmagoffisier wat sy loopbaan in 1986 begin het waarna hy homself as vegvlieënier bekwaam het. Barker het vertel dat die vlieënier danksy opleiding en instinkte, steeds die mees belangrike instrument is waarmee `n vliegtuig beheer word.
Die AIFA-veiligheidstrofee is oorhandig aan Tiana Nel.
Die AIFA-instrukteur van die Jaar is Craig Moffat.
`n Student van Lucky Air, Will, is uit 53 studente as die beste student aangewys.
Moffat het vlugkaartjies ontvang asook vier nagte in 5-ster-verblyf by die Madikwe wildreservaat, `n pakket ter waarde van R15 000.
Kadette en personeel van die AVIC Internasionale Vliegopleidingsakademie met basisse in Oudtshoorn en George (AIFA) het verlede week toekennings ontvang. Foto's: Jacques Swart
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn | Klein-Karoo nuus'