OUDTSHOORN NUUS - Agri Wes-Kaap se streekkongres het verlede Donderdag in Oudtshoorn plaasgevind.
Die gasspreker, Chris Burgess, redakteur van die tydskrif, Landbou Weekblad het geskiedkundige-rolspelers se benadering tot uitdagings wat hulle in gesig gestaar het gebruik om tydens sy praatjie die lede te inspireer.
Hy het ook vertel dat navorsing in Australië oor suksesvolle boere gedoen is, en het hulle almal die volgende stappe toegepas om hulle produksie te bevorder; almal het 'n passie gehad vir wat hulle gedoen het, hulle het goeie beplanning toegepas, die voorbereiding wat gedoen is was deeglik, tydlynbeplanning is toegepas, hulle was vasberade gewees om die einddoel te bereik en dit wat beplan is het hulle uitgevoer.
Kwelpunte soos die oplossings en uitdagings vir beurtkrag in die landbou-bedryf, veldbrandversekering, droogtehulp, ZEP-permitte (Zimbabwean Exemption Permit), onteienings wetsontwerp, minimum loonskaal en landelike beveiliging was ook bespreek.
Tydens die streekkongres was Laubscher Coetzee ook weer herverkies as die streekbestuurslid van Agri Wes-Kaap en koördineerder van die streek.
Van links is: Chris Burgess (Redakteur: Landbou Weekblad), Laubscher Coetzee (Voorsitter: Agri Klein-Karoo en streekkoördineerder: Agri Wes-Kaap), Chris Macpherson (Oudtshoorn-burgemeester), Heinie du Toit (visepresident: Agri Wes-Kaap), Viljee Laubscher (President : Agri Wes-Kaap), Jannie Strydom (hoof- uitvoerende beampte: Agri Wes-Kaap), Helena van Eeden (lede inligting en sekretariaat: Agri Wes-Kaap) en Louis Wessels (bestuurder: regsdienste en administrasie: Agri Wes-Kaap).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nus'