Die werknemers, hul ondersteuners en lede van die nuwe munisipale unie, Municipal Allied Trade Union (Matusa) het vroeg gisteroggend buitebande en ander voorwerpe voor die munisipaliteit aan die brand gesteek in protes teen die beoogde afdankings. Vullis is ook in die straat uitgegooi.
Teen ongeveer 10:00 gisteroggend het die protesoptrede gehalt toe Matusa en afgevaardigdes van die Kannaland-munisipaliteit in begin het met onderhandelinge.
Matusa se waarnemende sekretaris-generaal, Kurt Ziervogel het gisteroggend aan die Oudtshoorn Courant gesê hul lede moes die afgelope naweek vauit die gemeenskap hoor dat 123 tydelike Kannaland-munisipale werkers afgelê gaan word.
Volgens Ziervogel het die munisipaliteit sedert Vrydag kennisgewings in inwoners se posbusse gegooi, waarin die voorneme om die werkers af te lé, op skrif gestel is.
“Dis Kersfees. Hoe durf jy mense hul werk laat verloor hierdie tyd van die jaar,” het Ziervogel gesê.