Gallery
OUDTSHOORN NUUSFLITS - Die Adopt a Star Show wat Saterdagaand deur die familie van Josh Pharaoh in Oudtshoorn aangebied het, was 'n reusesukses.
Josh (9) is verlede jaar op 14 April dood na 'n tragiese ongeluk by die weermag se uitstalling tydens die KKNK.
Sy familie het onder hul nie-winsgewende organisasie se naam, The Foundation for Communities of Excellence, die Josh James Pharaoh Bursary, gestig om kinders in Oudtshoorn te help.
"Ons wil Josh in almal laat voortleef," het Pharaoh tydens die bekendstelling van die beurs Vrydagaand gesê.
Die talent wat opgetree het was indrukwekkend en het met die groot verskeidenheid musiek die gehoor op hul voete gehad.
Een van Oudtshoorn se plaaslike kunstenaars, Grishke Booysen, het ook opgetree na sy vroeër die oggend deel van die werkswinkel was wat die Pharaoh-familie aangebied het.
Pharaoh se dogter Lauren, 'n tweede jaar operastudent en die jazz-orkes Major 7 was maar van Vrydagaand se hoogtepunte.
Lees 'n verwante artikel: Opvoering om beurs vir Oudtshoorn-kinders te stig
Lees die volledige berig in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'