Gallery Update
OUDTSHOORN NUUS - Die Adopt a Star-vertoning wat verlede Saterdagaand deur die familie van Josh Pharaoh in Oudtshoorn aangebied is was 'n reuse-sukses.
Josh (9) is verlede jaar op 14 April, twee dae na 'n tragiese ongeluk by die weermag se uitstalling tydens die KKNK, dood. Sy familie het onder hul nie-winsgewende organisasie se naam, The Foundation for Communities of Excellence, die Josh James Pharaoh Bursary, gestig om kinders in Oudtshoorn te help.
"Ons wil Josh in almal laat voortleef," het Pharaoh tydens die bekendstelling van die beurs gesê.
Die kunstenaars wat opgetree het was indrukwekkend en het met die groot verskeidenheid musiek die gehoor op hul voete gehad.
Een van Oudtshoorn se plaaslike kunstenaars, Grishke Booysen, het ook opgetree na sy vroeër die oggend deel van die werksessie was wat die Pharaoh-familie aangebied het.
Pharaoh se dogter Lauren, 'n tweede jaar operastudent en die jazzorkes, Major 7, was van die hoogtepunte.
Pharoah het verder gesê hulle wil alle eer aan God gee.
"Ons kon deur sy genade 'n manier vind om die konsert te doen, nie net as deel van Josh se nagedagtenis nie, maar ook ons 'journey toward healing and closure'. Ons is so trots op hoe suksesvol die aand was."
Volgens hom lê daar nog baie werk voor om die beursfonds finansieel sterk te maak.
"Ons gaan elke jaar die Adopt a Star-vertoning op Oudtshoorn hou. Ons het gehoop op 'n groter opkoms vanjaar, maar die gehoor het soos duisende mense deel geneem en die konsert se atmosfeer asemrowend gemaak."
Pharaoh sê hulle familielede in Oudtshoorn die UCC Kerk met sy kerkkoor is van die helde in die verhaal.
Lees 'n vorige artikel: Adopt a Star show reusesukses
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'