OUDTSHOORN NUUS - Die Afrikaanse Christelike Vrouevereniging (ACVV) in Oudtshoorn vier vanjaar hul 100ste bestaansjaar.
Die ACVV is 'n nie-winsgewende- en nie-regerende organisasie wat dienste aan kwesbare kinders, gesinne, vroue en ouer persone in die Oudtshoorn-omgewing lewer.
Skryfkompetisie
As deel van die vieringe begin die ACVV 'n skryfkompetisie vir hoërskoolleerders.
Enige leerder vanaf gr. 8 tot gr. 12 kan aan die kompetisie deelneem.
Die tema is familie of gesin. Die idee is dat leerders 'n opstel, gedig of net 'n kort gedagte skryf oor wat hulle dink van hulle familie of wat familie vir hulle beteken. Die skrywe moet op 'n A4-bladsy pas.
Die inskrywingsfooi beloop R20 en vorms kan by die Oudtshoorn Courant-kantoor, enige hoërskool of die ACVV se kantoor gekry word.
Die skrywes kan dan saam met die inskrywingsvorm en die -fooi by enige van die drie instansies afgegee word.
Die sluitingsdatum is 4 September.
Daar is ook drie opwindende pryse op die spel.
Ete ter viering van 100 jaar
Die ACVV gaan ook, as deel van die 100-jarige viering, 'n ete in die burgersentrum hou. Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van finansies, sal as gasspreker optree.
Kaartjies vir die geleentheid is teen R250 te koop.
Vir verdere inligting skakel die ACVV by 044 272 2211.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'