OUDTSHOORN NUUS - Tydens 'n gesprek met burgemeester Chris Macpherson het Oudtshoorn Courant verneem dat mense gereeld kom aansoek doen vir gratis grafte.
Macpherson het vertel dat Oudtshoorn-munisipaliteit ongelukkig nie hierdie inwoners kan bystaan nie omdat hulle nie op die deernisregister is nie.
Die volgende inligting is beskikbaar om vir deernis- en pensionariskorting te registreer.
Dit is belangrik om te onthou dat slegs persone wat alreeds deernis ontvang, kan kwalifiseer vir die deernis voordeel van grafpersele.
Deernis en pensioenaris korting
Die munisipaliteit is bewus van die feit dat daar steeds huishoudings is wat nog nie vir deernis/pensioenaris voordeel korting aansoek gedoen het nie.
Kwalifiserende huishoudings wat nog nie aansoek gedoen het, word aangemoedig om so gou as moontlik by die volgende kantore aansoek te doen:
- Oudtshoorn-burgersentrum 07:30-16:30
- Dysselsdorp-kantoor 07:30-16:30
- De Rust-munisipale kantoor 07:30-16:30
Lees meer in Donderdag se Oudtshoorn Courant.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'